Local news

SAWV, Eenheid Vlakvark wil voortbou op sukses

Die nuwe bestuur, wat vir twee jaar sal dien, is ook tydens die vergadering verkies.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging, Eenheid Vlakvark, wat in Nigel gebaseer is, se algemene jaarvergadering het op 3 Februarie by die Car Bar in Angelo Mall in Nigel plaasgevind.

Die voorsitter, Karel Groesbeek het almal by die geleentheid verwelkom, waarna kapelaan Ernst Zeelie die opening met skriflesing en gebed behartig het.

‘n Lugmag Allouette III helikopter het ‘n verbyvlug gemaak.

Terugvoering is gegee en toekomstige aangeleenthede is bespreek.

Die Eenheid Vlakvark het gedurende 2023 R160 000 in donasies ontvang wat kontant asook vars produkte, vleis en kruideniersware ingesluit het.

Hierdie skenkings is onder oud-weermaglede maar ook in die gemeenskap versprei.

Die nuwe bestuur is agter, Charles de Fortier (eenheid sersant majoor (RSM), Aileen Ceronio (kommunikasiebeampte), Karel Groesbeek (voorsitter), Dolla Groesbeek (adjudant), Matie Fourie, Roberto Lenci (onder voorsitter), ds Ernst Zeelie (kapelaan). Voor staan Marolene Venter (addisionele lid).

Die SAWV, eenheid Vlakvark staan nie slegs oud-weermaglede by nie maar doen ook opheffingswerk in die gemeenskap.

In 2022 het Eenheid Vlakvark op 24 September projek, naamlik Jagarend aangebied.

Dié suksesvolle projek het in 2023 erkenning ontvang die vorm van ‘n sertifikaat van uitmuntendheid.

Kapelaan Ernst Zeelie het die skriflesing en gebed behartig.

Eenheid Vlakvark is tans besig met beplanning om Projek Jagarend weer vanjaar op Erfenisdag (24 September) aan te bied.

Die uitvoerende beampte vir menslike hulpbronne van die SAWV, Sharon West, wat ook by die jaarvergadering teenwoordig was, het Eenheid Vlakvark bedank vir die werk wat daar in die gemeenskap gedoen word.

West was ook byderhand om die verkiesing van die nuwe bestuur, wat vir die volgende twee jaar sal dien, te oorsien.

Karel Groesbeek hou die van sertifikaat van uitmuntendheid, wat die eenheid vir Projek Jagarend ontvang het omhoog.

Die nuwe bestuur is Karel Groesbeek (voorsitter), Roberto Lenci (onder voorsitter), Charles de Fortier (eenheid sersant majoor (RSM), ds Ernst Zeelie (kapelaan), Aileen Ceronio (kommunikasiebeampte), Dolla Groesbeek (adjudant) en Marolene Venter (addisionele lid).

“Dankie vir die vertroue wat elkeen van julle in ons gestel het,” het Groesbeek na afloop van die verkiesing gesê.

“Ons sal ons bes doen om elkeen van julle asook die groter gemeenskap van Nigel te dien na die beste van ons vermoë en almal trots te maak om deel van Eenheid Vlakvark te wil wees” het Groesbeek bygevoeg.

Die SAWV, Eenheid Vlakvark se voorsitter, Karel Groesbeek.

‘n Hoogtepunt van die jaarvergadering was ‘n verbyvlug van ‘n Alouette III weermag helikopter, wat daarna geland het sodat dit van nader besigtig kon word.

Die vlieënier was Rob Osner.

Die volgende byeenkoms wat lede van eenheid Vlakvark gaan bywoon is die jaarlikse kranslegging op 25 Mei by die Voortrekker Monument.

Die uitvoerende beampte vir menslike hulpbronne van die SAWV, Sharon West.
Die Alloette helikopter het naby die plek waar die vergadering plaasgevind het, geland.

Related Articles

Back to top button