Local newsSport

Nigel skaaf hul reg vir die seisoen

Gemengde welslae vir Nigel Rugbyklub.

Die Nigel Rugbyklub het op 16 Maart teen Noordelikes Pretoria Rugbyklub in vriendskaplike wedstryde gespeel ter voorbereiding vir die seisoen.

Die wedstryde was op Noordelikes se velde in Pretoria beklink.

Die eerste span moes hard werk in hulle wedstryd en het uiteindelik met 29-20 geseëvier.

Met die nuwe duikreël wat nou van toepassing is, moes die spanne bontstaan om nie gestraf te word nie.
Nigel se eerste span se punte is aangeteken deur drieë: Steven Kok, Juandrè van Dyk; doelskoppe: Nico Colyn (twee); en strafdoele: Nico Colyn: (vyf).

Die tweede span het vasgeval teen Noordelikes se tweedes.

Die span se spelers is nog besig om mekaar te leer ken in wedstryd formaat met menige nuwe spelers wat die jaar ingekom het.

Die telling was Nigel 12 – Noordelikes 29.

Nigel se tweede span se punte aangeteken deur drieë: Henry van Biljon en Hendri Venter; en doelskop: Preston Alberts (een).

Nigel se volgende tuiswedstryd is op 6 April teen Elsburg in die Presidents Beker op die John Vorster Stadion.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button