Nigel wen ‘n klipharde wedstryd
Elsburg het op tye meedoënloos aangeval maar Nigel se verdediging was reg deur die wedstryd dodelik gewees.

Nigel Rugbyklub se eerste span het teen Elsburg Rugbyklub geseëvier in hul eerste wedstryd in die nuwe Presidents Beker Liga wedstryd, wat op 6 April by die John Vorster Stadion gespeel is.
Die telling was 27 -9.
Die liga gaan oor vier weke beslis word voor die Merlin Beker in alle erns begin.

Die wedstryd was op tye deur verskillende weersomstandighede beïnvloed, wat gewissel het van, sonnige weer tot ligte en harde reën.
Die eerste helfte was meestal in die reën gespeel, waartydens beide spanne hul skopwerk die werk laat doen het.
Elsburg het eerste punte aangeteken as gevolg van ‘n strafskop wat suksesvol deur die pale gestuur is.
Daarna het Nigel twee strafskoppe pale toe geskop en beide in punte omskep. Nigel het ‘n verdere drie strafskoppe in punte omskep en Elsburg twee.

Die halftyd telling was Nigel 15 – Elsburg 9.
In die tweede helfte het die reën weg gebly.
Nigel kon hul gebruiklike hardlooprugby meer gebruik en het twee drieë gedruk en een drie vervyf terwyl Elsburg geen verdere punte kon aanteken nie.
Elsburg het op tye meedoënloos aangeval maar Nigel se verdediging was reg deur die wedstryd dodelik gewees.
Daar was baie hanteerfoute deur beide spanne gewees.

Die meeste daarvan kan toegeskryf word aan die nat veld, reën en seepgladde rugbybal.
Twee geelkaarte was ook in die wedstryd uitgedeel; een vir elke span.
Nigel se volgende wedstryd is op 13 April teen East Rand United.