Kamele neem Heidelberg op horings

Kamele in Heidelberg se strate laat almal regop sit.

‘n Seldsame verskynsel was vanoggend (24 Mei) in die strate van Heidelberg te sien.

Sewe kamele het vanaf die Victoria Sentrum hul weg gevind na die Laerskool AG Visser.

Die kamele is tans in Heidelberg waar hulle op môre (25 Mei) aan ‘n kameel resies by die skool se Kameel Fees gaan deelneem.

Die kamele was vanoggend (Vrydag) op pad Laerskool AG Visser toe vir die Kameel Fees.

Die laaste Kameel Fees het in 2015 plaasgevind en vanjaar se fees beloof om ‘n heerlike uitstappie vir die hele gesin te wees.

Verskeie aktiwiteite word aangebied en vermaak vir oud en jonk sal in oorvloed wees.

Dit sluit onder andere optredes deur kunstenaars in asook ‘n groot verskeidenheid stalletjies ‘n pretpark, en natuurlik die hoogte punt naamlik die kameel resies.

Exit mobile version