‘n Groot aantal mense het op 6 Julie die roudiens van Etienne Francois du Preez (74) by Life Ministries in Jordaan Park bygewoon.
Du Preez is op 3 Julie helder oor dag in Ueckermannstraat, doodgeskiet.
Flip Minnaar, wat saam met hom was, is ook geskiet maar het oorleef.

Die diens was deur baie mense bygewoon; in die sin dat daar nie ‘n oop stoel in die groot saal was nie.
Behalwe vir talle ruikers wat geplaas is, het die Suid-Afrikaanse Weermag Vereeniging, Eenheid Suikerbos ook ‘n protea krans neergelê ter ere van Du Preez.
Die diens was gelei deur pastoor Willem Venter van die Life Ministries, Heidelberg.
Du Preez is op 9 Augustus 1949 in Port Elizabeth gebore.

Sy skool loopbaan het in Bloemfontein begin en waarna hy gematrikuleer het in Bellville.
Du Preez se beginjare as universiteit student was aan die Pretoria Universiteit (Tukkies) gewees. Na sy studies aan Tukkies het hy sy MBA by Pukke (Potchefstroom Universiteit) behaal.
Du Preez het sy vrou, Elma in 1970 by Tukkies ontmoet en hulle is op 21 Desember 1974 getroud.

Vier kinders Leléna, Vedette, Alwyn en Nedine is uit die huwelik gebore.
Daar ook nege kleinkinders (Leila, Evan, Cilliers, Liam, Andreas, Simon, Dawid, Emile en Lisa) asook skoonseuns Dawie, Cobus en Werner.
Du Preez was ‘n kranige atleet wat die Comrades Marathon menigmaal aangedurf en 12 keer voltooi het.
Hy het ook ysterman wedlope en gewone padwedlope aangepak.

In die laaste paar jaar was Du Preez betrokke by die gemeenskappolisiëringsforum (GPF), AfriForum, die SAW Eenheid Suikerbos, die kerk asook skole betrokke.
Hy het weekliks vele kilometers per fiets afgelê, jukskei gespeel en geleef vir sy geloof.
Sy vrou, kinders asook kleinkinders was sy lewe en hy kon nooit uitgepraat raak oor sy familie nie.

Na die diens het al die uniformdraers wat teenwoordig was ‘n eresaluut vir dié besondere man, gedoen.
Die polisieondersoek na die voorval duur steeds voort.





