Local newsSport

Volkie wys sy staal op die Gary Player-baan

Die Graad Nege-leerder het goeie baantellings aangeteken.

Hoër Volkskool-leerder en talentvolle gholfspeler Regard le Roux (Graad Nege) weet beslis hoe om voëltjies aan te teken.

Regard het tydens die skoolvakansie sy staal gewys op die bekende Gary Player-gholfbaan by Sun City.

Hy was op 14 en 15 Julie in aksie waar hy aan die Sun City o15-seunstoernooi deelgeneem het. Le Roux het op 14 Julie ’n baantelling van 78 aangeteken en op 15 Julie met ‘n 80 gespog.

Uit 80 deelnemers het hy ’n stewige 15de plek behaal – ’n trotse prestasie vir die jong Volkie-gholfer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button