Local newsSport

Hoër Volkskool-leerling gekies vir Top20 in Maak my ‘n Miljoenêr

Strawwe kompetisie laat Amber skitter en bewys haar besgiheidsvernuf.

Amber Andrews het tydens die onlangse Julie-vakansie op ‘n landswye toer gegaan saam met die Top30 hoërskool-entrepreneurs om die uitdagingsrondte van die Maak My ‘n Miljoenêr Entrepreneur van die Jaar-kompetisie en ViaTV-reeks aan te pak.

Haar entrepreneurskennis en vaardighede was tot die uiterste beproef.

Die kompetisie is ‘n inisiatief van Albert van Wyk in samewerking met ATKV-jeugprojekte, Die Mos-Inisiatief, Akademia, ATKV-oorde, Jenwil Blouster en Lift Airline.

Die doel van die Maak my ‘n Miljoenêr entrepreneurkompetisie is tweeledig:

• Bewusmaking van entrepreneurskap by skole, en

• Bemagtiging van hoërskool-entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning.

Die Maak My ‘n Miljoenêr-span het sedert Oktober 2024 ‘n landswye toer afgeskop waarin hulle op soek is na die hoërskool-entrepreneur wat deur Albert van Wyk gementor kan word om hulle ‘n miljoenêr te maak.

Amber Andrews en Albert van Wyk.

Albert en die span het reeds 82 skole besoek en 92 000 hoërskoolleerders toegespreek. Tot dusver het 240 hoërskool-entrepreneurs vir die kompetisie ingeskryf.

Amber het die streng seleksie- en Brandbankrondte suksesvol deurmaak en is aangewys as deel van die Top30.

Die uitgesoekte leerders het aan die uitdagingsrondte deelgeneem, waar hulle besigheidsvernuf verder op die proef gestel is. Die uitdagingsrondte neem die leerder-entrepreneurs na Akademia en verskeie ATKV-oorde regoor die land, waar hulle regte wêreldbesigheidsprobleme moet oplos.

Elke deelnemer moet kan bewys dat hulle kan saamwerk, kreatief dink en praktiese oplossings kan vind. Die spanne se werk word deur ‘n paneel beoordelaars streng geëvalueer en bepunt.

Die wenspan verdien ‘n vasgestelde aantal punte, terwyl die verloorspan die geleentheid kry om twee van hul eie spanlede af te stem.

Amber het die uitdagings met deursettingsvermoë en kreatiwiteit aangepak en so die streng afstemmingsproses oorleef.

Om die reis saam met die deelnemers te beleef in die Maak My ‘n Miljoenêr ViaTV-reeks, kyk gerus na ViaTV-kanaal 147 Donderdagaande om 20:00 vanaf 7 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button