Local newsSport

Berge se visier op VUT ingestel

Berge wil goeie spel voortsit in Valke Merlin wedstryd.

Berge speel op 26 Julie teen die Vaal University of Technology (VUT) in die Valke Merlin-reeks. Die wedstryde, waarin beide die eerste en tweede spanne betrokke is, sal op Volkskool se veld plaasvind.

In die eerste ronde wedstryde het Heidelberg se eerste span VUT met 67–7 afgeransel, terwyl die tweede span met 20–5 gewen het. Om teen enige span in die Merlin-reeks te wen is beslis nie maklik nie, en dissipline en samespel sal deurslaggewend wees.

Tans lê Heidelberg tweede op die punteleer en hulle wil dié plek verstewig met ’n oorwinning oor VUT.

Die tweedespan-wedstryd begin om 14:40, en die eerstespan draf om 16:00 die veld vol.

Toegang beloop R20 per persoon en R20 per voertuig. Geen koelerbokse word toegelaat nie. Daar sal wel verversings en eetgoed by die veld beskikbaar wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button