Local newsSport

Heidelberg Rugbyklub wen ‘n moeilike wedstryd

Twee Heidelberg Rugbyklub spelers behaal groot mylpale.

Heidelberg het hul volgende Valke Merlin-reekswedstryd teen VUT gespeel.

Die wedstryde is op 26 Julie tuis op Volkskool se veld gespeel.

Twee Heidelberg-rugbyspelers het groot mylpale behaal. Die kaptein van die dag, Jeandre Goosen, het vir sy 50ste wedstryd vir die Berge op die veld gedraf, en Ronald Rice het vir die 100ste keer die Heidelberg-rugbytrui aangetrek.

JJ Theron op die aanval vir Heidelberg.

Berge se eerstes het met rukke en stote gespeel, maar het uiteindelik met 30–18 gewen.

Die telling sou baie hoër gewees het as al die drieë suksesvol verdoel is.

Talle spelers wat nie gewoonlik eerste span speel nie, het kans gekry om deel te neem, maar die veranderinge het nie altyd vlot verloop nie.

Johan Ness word gestuit.

Verskeie hanteerfoute het daartoe gelei dat Heidelberg nie regtig hul gewone spel kon speel nie.

Wat wel uitgestaan het, is dat Heidelberg se skrum veel te sterk was, en as hulle dit meer as ‘n aanvalswapen gebruik het, sou die punteverskil baie groter gewees het.

Heidelberg se punte was as volg aangeteken: Drieë: Enrico Janse van Rensburg (2), Kobus van Rooyen, Jeandre Goosen en Gerhard Breedt, doelskop: Jannie Hough (1) en strafdoel: Jannie Hough (1).

JJ Hattingh is oppad doellyn toe.

Die tweede span het gewys dat samespel deurslaggewend kan wees en het 54-12 gewen.

Die span het agt drieë gedruk en sewe van hulle suksesvol verdoel.

Die drieë is gedruk deur: JJ Hattingh (2), James Atterbury, Izak Tait, Robert Minnie, Leon Luus, Sydney van Huysteen en Bongi Ntuli. Doelskoppe: Adriaan Cilliers (5), Sydney van Huysteen (1), en Freek Zuurvogel (1).

Heidelberg se tweede ryugbyspan is op die aanval.

Heidelberg speel hul volgende wedstryd teen Kempton Park op 2 Augustus.

Die wedstryde sal op Kempton se velde gespeel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button