Local newsSport

Volkies vier sportsukses op tennisbaan en in landloop

Die skool se landloopatlete het hul eerste ligabyeenkoms aangepak met verskeie top-10 plekke, terwyl beide junior tennisspanne as ligawenners gekroon is.

Die Hoër Volkskool het ‘n besige week op die sportveld geniet, veral met landloop en tennis.

Die skool se landloopatlete het aan hul eerste ligabyeenkoms deelgeneem en die uitslae was:

Dogters o14 – Reylize Oberholzer (12de).

Dogters o15 – Melaney Pruis (5de), Rania Elyacoubi (7de) en Louisa Uys (18de).

Dogters o16 – Elri van Zyl (3de).

Dogters o17 – Lisa Steyn (10de).

Seuns o14 – Ruben Marais (3de), Evan Smuts (6de) en Bernard Fourie (11de).

Seuns o15 – Jevan Dibate (9de), Tjaard Houg (11de), Leonardo Brits (15de), Ben Loggenberg (27ste), Rohan van der Westhuizen (33ste) en Enzo Pearson (34ste).

Op die tennisbaan het die Volkie-tennisspelers gewys hoe om voorarmhoue te slaan.

Die skool se spanne het aan die Oos-Gauteng-finaal deelgeneem, en albei juniorspanne het as ligawenners weggestap.

Die senior tennisdogters, Jon-Benet Bauer, Luné Wepener, Anika Kritzinger, Jané Wepener, Morgan Bothma en Cristina de la Maré het skoonskip gemaak in die mededingende A-liga.

Hulle het as ligawenners weggestap nadat hulle die finaal teen St. Dominics gewen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button