Winderige weer maak maandelikse hengel kompetisie moeilik
Dit was 'n moeilike Vrouedag op die oewer vir Verre Oos-Rand Hengelklub.
Die Verre Oos-Rand Hengelklub het op Vrouedag by Trichardtsfontein sy maandelikse kompetisie gehou. Dit was ’n koue, winderige dag.
Onder die agt hengelaars wat deelgeneem het, is daar slegs agt vis ingetrek met ‘n gesamentlike gewig van 3.6kg.
Die mans-afdeling se wenner is Willem Zowitsky met vyf visse van 2.15kg.
Die meesters-afdeling se wenner is Johan van der Westhuizen met twee vis vir 1kg, gevolg deur Kobus van Zyl met een vis vir 0.45kg.
Die ander hengelaars het geen vis ingetrek nie.
Die klub se volgende kompetisie sal by Aqua Via hengeloord naby Villiers op 13 en 14 September plaasvind. Vir meer inligting, kontak Kobus van Zyl by 082 411 2669 of Pieta Bekker by 062 789 280.
Besoekers is welkom.




