Local newsSport
Drie Volkie-ruiters op die internasionale verhoog
Drie Hoër Volkskool-ruiters het trots in die saal gesit waar hulle Suid-Afrika verteenwoordig het.

Drie ruiters van Hoër Volkskool is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die 2025 African Shield & Nations Cup Eventing.
Lenya Price, Adrienne McDonald Hutchenson en Casey-Leigh Smit was van 15 tot 17 Augustus in aksie in die internasionale arena, waar hulle teen lande soos Namibië, Eswatini, Zimbabwe en Zambië meegeding het.
Die ervaring is van onskatbare waarde en sal beslis die ruiters in die toekoms tot hoër hoogtes aanspoor.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



