Local newsSport

Heidelberg Soldiers bring vier medaljes huis toe

Die drie jong stoeiers het met vier medaljes terug gekeer huis toe.

Stoeiers van Heidelberg se nuwe stoeiklub, die Heidelberg Soldiers, begin reeds hul merk maak.

Drie plaaslike deelnemers het onlangs aan die Bennie Labuschagne-fondsinsamelingskompetisie deelgeneem in die Noord-Gauteng Stoeisaal, Pretoria Noord. Die fondsinsamelingsprojek is ten bate van Bennie Labuschagne, Olimpiese stoeier en Tuks-hoofafrigter, en is aangebied om fondse in te samel vir die oprigting van ’n stoeiklub in Soshanguve.

Tussen die drie atlete van die Soldiers het hulle vier medaljes teruggebring na Heidelberg. Die stoeiers was Mienke Botha (50 kg), Lindi Oosthuizen o/7 (25 kg), en Tahlia Botha o/7 (25 kg).

Lindi Oosthuizen en Tahlia Botha het sukses op die mat gehad.

Lindi Oosthuizen het ’n goue medalje en brons in die vrystyl-afdeling ontvang.

Mienke Botha het ’n goue medalje in die dogters Presidente-afdeling verwerf.

Tahlia Botha het die silwermedalje ontvang.

Bennie Labuschagne saam met Mienke Botha.

“Die kinders werk baie hard, en dit wys met die uitslae,” het Dewald de Wet, afrigter en voormalige Tuks-stoeiafrigter gesê. “Stoei bou karakter, selfvertroue en uithouvermoë wat die kinders sterker maak in die samelewing,” het hy bygevoeg.

Belangstellendes wat meer oor die klub wil weet, kan De Wet kontak by 071 466 3397 of Leona Oosthuizen by 082 399 4202.

Die Heidelberg Soldiers Stoeiklub oefen by Laerskool AG Visser op Dinsdae en Donderdae van 17:00 tot 19:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button