Local newsSport
Bergies staan hul man in die Valke Jeugliga
Die jong spelers bring wedstryd na wedstryd hul kant op die veld.
Heidelberg Junior Rugbyklub het op 16 Augustus op Hoƫrskool Dr Malan se velde in Meyerton in die Valke se Jeugliga gewys waartoe hulle in staat was.
Die o12, o11 asook o7-span was in aksie gewees.
Heidelberg se o12-span het Vereeniging kafgedraf met 36-0 en teen NWU het Heidelberg 10-5 koning gekraai.
Die o12’s van Heidelberg is tans bo-aan die ligapunteleer.

Die Heidelberg se o11-span en met 7-22 teen NWU vasgeval.
Die o7-span se uitslae was: Heidelberg 50-0 Kempton Park, Heidelberg 50-0 NWU en Heidelberg 40-0 Polisie.
Die spanne speel hul volgende wedstryde op 30 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



