Local newsSport

Heidelberg se droom van halfeindstryd eindig kort ná reuse oorwinning

Heidelberg se aanval was onstuitbaar teen Meyerton, maar die halfeindstryd bly buite bereik.

Heidelberg Rugbyklub het Saterdag in hulle laaste Valke Merlin Liga-wedstryd teen Meyerton die stryd aangesê met twee duidelike mikpunte.

Die eerste mikpunt was om die wedstryd te wen, en die tweede was om te hoop dat ander spanne se uitslae in hulle guns sou tel.

Die eerste mikpunt is bewaarheid toe Heidelberg vir Meyerton met 61-7 geklop het.

Ongelukkig het die wedstryd tussen ERU en die Sasol Kobras nie uitgedraai soos Heidelberg gehoop het nie. Dit het veroorsaak dat Heidelberg nie na die halfeindstryd deurgedring het nie.

Die Berge het Saterdag van die eerste afskop die veld behoorlik aan die brand gespeel.

Aanval op aanval was van stapel gestuur en die doellyn is na willekeur oorgesteek.

Berge het nege drieë gedruk en agt doelskoppe deur die pale gejaag.

Meyerton kon net een keer deur Heidelberg se verdediging breek en het een drie gedruk, wat suksesvol verdoel is.

Die wedstryd was in die 50ste minuut gestop deur die besoekende span wat net te ver agtergeloop het.

Heidelberg se punte is as volg aangeteken drieë: Gerhard Breedt (4), Morne Vermeulen (2), Nantus Mouton (1) PJ du Toit (1) Jannie Hough (1) en doelskoppe: Francois Vorster (8).

Die Merlin Liga halfeindstryd word op 30 Augustus gespeel.

Nigel Rugbyklub sal teen Meyerton Knights uitdraf, en Benoni Northerns sal dit teen East Rand United opneem.

Heidelberg het beslis verbeter teenoor die vorige seisoen waar hulle nuwelinge in die Valke Merlinbeker was.

Heidelberg se volgende groep wedstryde is die Heidelberg 10’s en sewestoernooi op 1 November.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button