Local news

Suikerbos Aftreeoord vier lente

Die lente is op ’n vrolike noot by Suikerbos Aftreeoord ingewy, met musiek, voorlesing en geselligheid.

Die Suikerbos Aftreeoord het op 11 September die lente gevier met ’n feesviering vol musiek en geselligheid.

’n Spesiale hoogtepunt van die dag was die optrede van die Elkana-koor, wat die gaste met hul liedjies bekoor het.

Tydens die geleentheid is verskeie sangitems asook voorlesing, samesang en ’n duet opgevoer.

Marlene Walkden, Suikerbos Aftreeoord-maatskaplike werker het die bedankings gedoen.

Die koor is begelei deur Elmarie Grobler op klavier.

Maritha Enslin het die voorlesing gedoen, en saam met Pauline Visser het sy die duet opgevoer.

 Die duet was gesing deur Pauline Visser en Maritha Enslin.

Ter afsluiting het Marlene Walkden, Suikerbos Aftreeoord-maatskaplike werker, almal bedank.

“Wees die verskil in ander se lewens en moenie bang wees om die somer in ander se lewens te wees nie,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button