Local news

Vossie wen as onderkaptein by Rhino Week hokkietoernooi

Die o16-span is gekroon as die streekkampioene weens harde werk, toewyding en uitstekende spanwerk.

Hoërskool John Vorster se Lamiah Knight was die onderkaptein van haar o16-hokkiespan wat aan die Rhino Week-streekkampioenskappe by die Vaal Universiteit van Tegnologie se kampus in Vanderbijlpark deelgeneem het.

Die kampioenskappe het van 7 tot 11 Julie plaasgevind, en die span is as die algehele streekkampioene aangewys.

“Baie geluk aan Lamiah en haar span. Julle harde werk, toewyding en uitstekende spanwerk het vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op jou prestasie en die manier waarop jy jou span deur die toernooi verteenwoordig het,” lui ‘n plasing op die skool se Facebook-blad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button