Local news

Onderwyskollege oud-studente onthou ysige dag van sneeu op kampus

Die kollege is bedek in 'n dik laag wit flokkies wat ontaard het in 'n sneeugeveg, sneeu-manne en -vroue, en pragtige fotos.

Soos oud-studente van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) terugdink aan die gebeure, tradisies en besondere oomblikke wat deel van die kollege se geskiedenis geword het, staan een dag veral uit.

’n Uitsonderlike koue dag in 1964 toe die kampus onverwags deur ’n dik laag wit sneeu bedek is. Die herinneringe vorm deel van die opbou na die kollege se 60-jaar-reünie in 2027.

Die rektor, H.J. de Jager, was deel van die jolyt. FOTO: Verskaf.

Die seldsame weerverskynsel was beslis nie op die klasrooster nie, maar die studente se aandag was gou nie meer by die lesings nie.

Die kunsstudente het vir ‘n meer kunstige naakvorm gegaan, maar steeds haar waardigheid behou.
FOTO: Verskaf.

Daar is besluit om alle klasse te verdaag sodat almal die buitengewone sneeuval kon beleef.

Groot sneeuvlokkies het die studente uit hul lesings gelok. FOTO: Verskaf.

Studente het na die rugbyveld gestroom waar groot sneeugevegte uitgebreek het.

Die Van Wyksaal is bedek in ‘n dik laag sneeu. FOTO: Verskaf.

Die personeel het warm tee by al die koshuise voorberei vir koue hande en voete, en selfs die rektor, HJ de Jager, kon nie die versoek weerstaan om saam met die studente aan die pret deel te neem nie.

‘n Groot sneeugeveg is op die rugbyveld gehou. FOTO: Verskaf.

Die kollege se Van Wyksaal was behoorlik in ’n sneeukombers gehul, terwyl studente op die rugbyveld saamgedrom het om die seldsame gebeurtenis te vier.

Die enigste klasfoto wat daardie dag geneem is wat opgespoor kon word. FOTO: Verskaf
Die vrouestudente het waardige sneeuvroue geskep in uitstekende detail. FOTO: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button