Schools
Laerskool Hannes Visagie landloop atleet dring deur na Gauteng Kampioenskappe
Die span het vasgebyt en vasgebyt en die uitdaging voltooi, met Roné Loxton wat in sesde plek geëindig het.
Die 2025 landloopspan van Laerskool Hannes Visagie het die afgelope seisoen uitsonderlik gepresteer.
Dit was een van die grootste spanne wat die skool in jare gehad het.
Dié uitgesoekte groep landlopers het onlangs deelgeneem aan ’n landloopbyeenkoms by Hoërskool Die Anker.
Daar was altesaam 31 atelete wat vasgebyt en die uitdaging voltooi het.
Roné Loxton het in die sesde plek klaargemaak.
Met dié prestasie het Roné deurgedring na die Gauteng Landloopkampioenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



