Nigel Rugbyklub maak hulself gereed op Brakpan Rugbyklub aan te vat op 26 Julie in die Valke Peregrine Liga..
Die wedstryd word in Brakpan gespeel.
Nigel wil die laaste uislae uit hulle gedagtes skuif en op die Brakpan wedstryd konsentreer.
Die span van Nigel staan gewis nie terug vir die groter spanne nie en gebruik die eerste jaar in die Peregrine liga as ‘n bou proses om meer kompeterend te wees in die toekoms.

In die eerste ronde wedstryde het Brakpan Nigel 63-10 geklop en die tweedespanne 50-14.
Die wedstryde skop af om 14:40 wanneer die tweede spanne slaags raak en 16:00 wanneer die eerste spanne op die veld draf
Die toegang is R20 per persoon en R20 per voertuig.



