Sport

Nigel wys tande teen Brakpan

Eerste Peregrine seisoen kom amper tot ‘n einde.

Nigel Rugbyklub het op 26 Julie teen die voorlopers Brakpan Rugbyklub in die Valke Peregrine-liga te staan gekom.

Dit is die eerste seisoen wat Nigel in die Valke se strafste liga meeding.

Nigel se eerstespan het met 61–47 verloor, maar die telling weerspieël nie die volle verloop van die wedstryd nie. In die ooreenstemmende wedstryd vroeër vanjaar het Brakpan maklik met 63–10 geseëvier.

Die wedstryd was baie kompeterend en Nigel het gewys dat hulle nie vir enige span sal terugstaan nie. Dit was ’n klipharde wedstryd, en Nigel het hulle goed van hul taak gekwyt.

Nigel se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Andrico Potgieter (1), Minehle Siwala (1), Griag Pienaar (2), Francis Muyambo (1), Sebastiaan Sekoto (2)
Doelskoppe: Sebastiaan Sekoto (6)

In die tweedespan-wedstryd het Brakpan net te veel skietgoed vir Nigel gehad. Die eindtelling was 57–14.

Nigel se punte was twee drieë deur Sonyame Kama en Diago George. Handrik Deyzel het albei drieë verdoel.

Nigel se laaste wedstryd in die liga is op 2 Augustus teen Vereeniging. Die wedstryd sal in Vereeniging gespeel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button