Sport

Verkeerde besluite kos Nigel wedstryd teen Benoni

Wedstryde word nie in die eerste helfde gewen nie.

Nigel Rugbyklub het op 18 Julie vir Benoni Northerns Rugbyklub verwelkom op die John Vorster-stadion in ’n Valke Peregrine Liga-wedstryd.

Nigel se eerste span het ná ’n opwindende wedstryd met 34–31 verloor. Dit was Benoni se eerste oorwinning in die 2025-seisoen van die liga.

Die wedstryd sal onthou word as een van twee uiterstes. In die eerste helfte het Nigel die botoon gevoer en vyf drieë gedruk, waarvan drie verdoel is.

Benoni het slegs twee drieë (een verdoel) aangeteken teen rustyd, met die telling op 31–12 in Nigel se guns.

In die tweede helfte het die momentum egter volledig geswaai. Nigel kon nie weer punte aanteken nie, terwyl Benoni drie drieë, twee doelskoppe en ’n strafdoel behaal het. Die wenstrafdoel is in die laaste sekondes geskop, wat Benoni die oorwinning besorg het.

Nigel se tweedes het wel daarin geslaag om Benoni Northerns se tweede span met 24–12 te klop.

Nigel se volgende wedstryd is op 26 Julie teen Brakpan. Die wedstryd sal in Brakpan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button