Volkies vier sportukses op tennisbaan en in landloop
Die skool se landloopatlete het hul eerste ligabyeenkoms aangepak met verskeie top-10 plekke, terwyl beide junior tennisspanne as ligawenners gekroon is.
Die Hoër Volskool het ‘n besige week op die sportveld geniet; veral met landloop en tennis.
Die skool se landloop atlete het aan hulle eerste liga byeenkoms deelgeneem en die uitslae was soos volg:
Dogters o14 – Reylize Oberholzer (12de).
Dogters o15 – Melaney Pruis (5de), Rania Elyacoubi (7de) en Louisa Uys (18de).
Dogters o16 – Elri van Zyl (3de).
Dogters o17 – Lisa Steyn (10de).
Seuns o14 – Ruben Marais (3de), Evan Smuts (6de) en Bernard Fourie (11de).
Seuns o15 – Jevan Dibate (9de), Tjaard Houg (11de), Leonardo Brits (15de, Ben Loggenberg (27ste), Rohan van der Westhuizen (33ste) en Enzo Pearson (34ste).
Op die tennisbaan het Volkie se tennis spelers gewys hoe om voorarmhoue te slaan.
Die skool se spanne het aan die Oos-Gauteng finaal deelgeneem en beide die juniorspanne het weggestap as ligawenners.
Die senior tennisdogters, Jon-Benet Bauer, Luné Wepener, Anika Kritzinger, Jané Wepener, Morgan Bothma en Cristina de la Maré het skoonskip gemaak het in die komteterende A-liga.
Hulle het as ligawenners weggestap nadat hulle met St. Dominics afgereken het in die finaal.



