Sport

Heidelberg Rugbyklub jaag tweede plek in Valke Merlin-reeks teen East Rand United

Heidelberg Rugbyklub wil vandag teen East Rand United wen om hul plek in die uitspeelrondtes van die Valke Merlin-reeks te verseker.

Heidelberg Rugbyklub speel vandag (9 Augustus) hul laaste wegwedstryde in die Valke Merlin-reeks teen East Rand United (ERU).

Die wedstryde vind plaas op ERU se veld, en beide die eerste- en tweedespan sal in aksie wees.

Heidelberg se eerste span op die aanval.

In die eerste rondte het Heidelberg se eerstespan met 34-29 teen ERU vasgeval, terwyl die tweedespan 29-10 gewen het.

Die Berge sal op hul sterkpunte moet fokus, naamlik skrums, aanval en verdediging om die oorwinning te behaal.

Heidelberg se tweedespan op die aanval gedurende ‘n vorige wedstryd. (Argieffoto)

Heidelberg is tans tweede op die punteleer, en ’n sege vandag kan hul plek in die uitspeelrondtes verseker.

Die tweedespan se wedstryd skop om 14:40 af, en die eerstespan draf om 16:00 op die veld.

Toegang kos R20 per persoon en R20 per voertuig.

Heidelberg RK op die aanval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button