Sport

Heidelberger eindig agtste by 2025 IMMAF Jeugwêreldkampioenskappe

Jong MMA-vegter Arno Carstens van Heidelberg het ‘n agtste plek behaal by die 2025 IMMAF Jeugwêreldkampioenskappe in Abu Dhabi, waar hy teen die wêreld se sterkste jong talent meegeding het.

Arno Carstens, ‘n jong en belowende MMA-vegter van Heidelberg, het in die agtste plek geëindig by die 2025 IMMAF Jeugwêreldkampioenskappe, wat van 20 tot 27 Julie in Al Ain, Abu Dhabi, plaasgevind het.

Met meer as 800 atlete van 45 lande wat deelgeneem het aan vier ouderdomsgroepe, was die kompetisie straf, maar Arno het sy plek tussen die wêreld se beste jong vegters verdien.

Hy het sy vaardighede, toewyding en uithouvermoë ten toon gestel teen sterk internasionale teenstanders.

Sy mees uitdagende geveg was teen Ceejay Fenton, die heersende wêreld- en Europese kampioen.

Dit was ‘n intense geveg wat Arno tot sy uiterstes gedruk het, maar waarin hy karakter en vasberadenheid gewys het.

Arno Carstens in aksie in die kryt.

“Ek het baie geleer en gaan net sterker terugkom,” het Arno na die toernooi gesê.

Hy is reeds weer op ‘n streng oefenprogram vir sy volgende kompetisie.

Carstens en sy afrigtingspan het almal wat hom ondersteun het, van familie en vriende tot by aanhangers en borge, bedank.

“Julle ondersteuning maak ‘n wêreld van verskil,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button