Heidelberg Soldiers stoeiers blink uit in twee stoeitoernooie
Die nuutgestigte Heidelberg Soldiers Wrestling-klub se meisie stoeiers het aan toernooie in Pretoria en Pretoria-Noord deelgeneem.
Die nuutgestigte Heidelberg Soldiers Wrestling-klub wil die toon aangee.
Die afgelope naweek het die meisiestoeiers van die klub hul vaardighede gewys deur in twee uitdagende toernooie te presteer.
Op 8 Augustus het die meisies in Pretoria-Noord deelgeneem aan ’n Bulletjies-oefenaand vir beginner-stoeiers.
Die Heidelberg Soldiers o7s het gewys waartoe hulle in staat is en het met ’n paar medaljes na Heidelberg teruggekeer.
Op 9 Augustus het die stoeiers aan die Women in Wrestling-kampioenskappe en -konferensie in Pretoria deelgeneem.

Tydens die kampioenskappe is die volgende uitslae behaal:
Lindi Oosthuizen o7, 26 kg was eerste; Tahlia Botha o7, 26 kg was tweede; Amieke Nortjé o7, 33 kg was eerste en Mienke Botha (o12) het ‘n derde plek in haar afdeling behaal.
Die afrigter van die nuwe stoeiklub is Dewald de Wet. Leona Oosthuizen is die hulpafrigter.
Oefentye is twee keer per week (Dinsdae en Donderdae) van 17:00 tot 19:00 by Laerskool AG Visser.
Vir meer inligting kontak De Wet by 071 466 3397 of Oosthuizen by 082 399 4202.




