Berge mik vir oorwinning in laaste Valke Merlin-liga kragmeting
Heidelberg Rugbyklub se eerste en tweede spanne pak vandag hul laaste Valke Merlin-liga wedstryde teen die Meyerton Knights op Hoërskool Volkskool se veld.
Heidelberg Rugbyklub speel vandag (Saterdag) hulle laaste wedstryd in die Valke Merlin-liga teen Meyerton Knights.
Die wedstryde word op die Hoërskool Volkskool se veld gespeel, en beide die eerste- sowel as die tweede span sal in aksie wees.
In die eerste rondte het beide Heidelberg se spanne die aftog geblaas teen Meyerton Knights.
Die telling vir die eerste span was Meyerton 27 – Heidelberg 24, en vir die tweede span was dit Meyerton 24 – Heidelberg 3.
Om vandag se kragmeting te oorleef, sal Heidelberg voluit moet aanval en verseker dat hul verdediging rotsvas is.
Die tweede, derde en vierde plekke op die Merlin-punteleer is baie naby mekaar, met Berge tans in die vierde plek.
Net die eerste twee plekke gaan deur na die uitspeelrondes.
Die gemeenskap word uitgenooi om Berge te gaan ondersteun.
Die tweede span se wedstryd skop om 14:40 af en die eerste span draf om 16:00 op die veld.
Toegang is R20 per persoon en R20 per voertuig.



