Sport

Nigel-span wen weer by Heidelberg Rolbalklub opedag

Die Nigel-span, onder leiding van Susan Kruger, het hul titel suksesvol verdedig tydens die Heidelberg Rolbalklub se opedag

Die Heidelberg Rolbalklub ope-dag het op 16 Augustus ’n dubbele rede tot viering gebied, naamlik voortreflike spel op die bane én die klub se 40ste bestaansjaarviering.

Soos altyd is die spelers op die hande gedra met ’n warm verwelkoming, heerlike versnaperinge en ’n ete.

Daar was altesaam 22 spanne, elk bestaande uit vier spelers, wat meegeding het om die pryse wat deur borge vir die dag verskaf is.

Spel het vroegoggend ’n aanvang geneem met spanne wat hul bes gegee het om bo uit te kom. Die span van Nigel, onder leiding van Susan Kruger, het die toernooi vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen.

Spanne van Heidelberg, Springs, Frankfort, Delmas, Kempton Park, Alberton en Benoni het die dag ook ondersteun.

Elmarie Eyegelaar, president van die Heidelberg Rolbalklub, het ook aan die dag se spel deelgeneem.

Die president van die Heidelberg Rolbalklub, Elmarie Eygelaar, het almal bedank vir die suksesvolle dag, veral die nuwe spelers wat vir die eerste keer opgedaag het om die spel te geniet.

Herman van der Merwe poog om ‘n goeie lê te kry.

“Die dag se sukses kan toegeskryf word aan almal se deelname, asook elkeen wat hulle deel bygedra het,” het Eygelaar gesê.

Die Heidelberg Rolbalklub-jaareindfunksie en algemene jaarvergadering vind op 30 Augustus by die klub plaas.

Karl Strauss in aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button