Sport

Heidelberg rugbykaptein gekies vir Valke Plattelandse span

Heidelberg Rugbyklub se eerste span kaptein, Nantus Mouton, is gekies vir die Valke se Plattelandse span ná indrukwekkende spel tydens die proewe in Nigel.

Die Valke Plattelandse Rugbyproewe is op 13 September by die John Vorster Stadion in Nigel gehou, waar Heidelberg Rugbyklub se eerste spankaptein, Nantus Mouton, sterk vertoon het en uiteindelik in die Valke se span opgeneem is.

Heidelberg het nege spelers gehad wat aan die proewe deelgeneem het, naamlik Morne Viljoen, Kobus van Rooyen, Mouton, Morne Vermeulen, Henry van Biljon, Francios Vorster, Gerhard Breedt, Isak de Beer en Eben Barnard.

“Ons is trots om te sê dat ons nege spelers na die proewe uitgenooi is, en veral trots op ons eerste span-kaptein, Nantus Mouton, wat gekies is om die Valke te verteenwoordig,” het Jaco van Rensburg, president van Heidelberg Rugbyklub gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button