Volkskool se krieketspanne aan die wenkant
Daar was goeie resultate vir Volkskool se krieketspanne wat goed op dreef is.
Volkskool krieketspanne was die afgelope twee weke in aksie.
Die o14 span het teen Dr Malan te staan gekom, waar 8/144 aangeteken het en Dr Malan 7/169.
Adrian Snyders het 70 lopies van 52 balle aangeteken.
Volkskool se o14 span het ook teen Hoërskool Driehoek te staan gekom.
Die Volkie o14 span het 8/169 aangeteken, en Driehoek het 9/109 aangeteken
Jacobus Bierman het vier paaltjies laat kantel vir 11 lopies.
Volkskool se o15 span het teen Overvaal te staan gekom waar hulle 4/162 aangeteken het. Overvaal het geantwoord met 160 almal uit.
Marlo Schoeman neem drie paaltjies vir 24 lopies en Kehan Baird drie paaltjies vir 29 lopies. Hy het ook 70 lopies van 52 balle aangeteken.

Die tweedespan het teen Potchefstroom Gimnasium te staan gekom.
Volkskool het 9/185 aangeteken en Gimmies het met6/179 geantwoord.
Zuan Troskie het 50 lopies van 29 balle aangeteken.
Volkskool se eerste span het Overvaal die stryd aangesê en het ‘n totaal van 367 lopies in hulle toegelate boulberte gekry. Overvaal het 197 lopies aangeteken.
Dandré Louw het 100 lopies aangeteken in 74 balle, Biehan Wepemer 83 lopies (nie uit nie) van 83 balle en Jaco Botha 57 lopies van 27 balle.
Hoërskool Driehoek was volgende in Volkskool se visier. Driehoek het 10/66 aangeteken, almal uit.
Volkskool het met 3/69 geantwoord en Volkskool het die wedstryd met sewe paaltjies gewen.
Die beste spelers was Dave Pelzer, 4/21; Jaco Botha, 3/6; en Dandré Louw; 32 lopies van 10 balle.



