Local sport

Jong Nigel karatekas maak goeie vordering

Die twee boeties oefen saam en geniet die vordering wat hulle maak.

Twee jong boeties van Nigel woeker met hul karate-talente en het goed gevaar tydens hul eerste nasionale Tenshinkan Karatekampioenskappe, wat onlangs by die Walter Sisulu Sportsentrum in Randburg plaasgevind het.

Christiaan (8) en Marnus (6) Visser het gewys wat in hulle steek.

Marnus het ’n derde plek in kata, asook ’n derde plek in kumite, in die geelgordel-sewejarige ouderdomsgroep behaal.

Sy ouer broer, Christiaan Visser, het ’n derde plek in kata in die geelgordel-agtjarige ouderdomsgroep behaal.

Die twee broers het vroeër vanjaar onder leiding van Shihan Dai Leon Gagiano, hul leermeester en instrukteur, met karate begin en het reeds na hul volle geelgordels opgegradeer.

Hul volgende gradering vind gedurende September plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button