EntertainmentLifestyle

Groet die Grotman 2 kom kuier in Heidelberg

Groet die Grotman 2 kom maak ’n draai in Heidelberg en beloof om mans en vroue weer heerlik te laat lag en sommer gratis terapie vir die huwelik te besorg.

Wynand van Vollenstee (Karate Kallie) is te sien in die rol van Grotman. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vroue op komiese wyse uitgebeeld. Vroue is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting) en mans steeds die jagters (van ’n bok tot ’n televisieprogram).

“Mans en vroue lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak,” het Swart gesê.

“Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ’n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy wêreld moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom sorg vir komiese situasies.”

Die skreeusnaakse Wynand van Vollenstee kom kuier in Heidelberg met Groet die Grotman 2.

Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het, met meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar.

Groet die Grotman 2 besoek Adler’s @ Heidelberg Tap & Grill by die Heidelberg Heritage Museum op 22 Mei om 7nm.

Besprekings kan gedoen word by www.computicket.com

Vir groepbesprekings, skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com

Groet die Grotman 2 beloof om mans en vrouens te laat skaterlag en sal op 22 Mei in Heidelberg draai met Wynand van Vollenstee wat die rol van die grotman vertolk.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button