Bejaarde egpaar meen tuinmaak hou hul gesond

Die egpaar maak nog al die jare hul eie tuin en versorg dit self.

‘n Bejaarde egpaar van die dorp wat steeds elke dag in hul tuin doenig is glo dat dit hulle fiks en gesond hou.

Susie (82) en haar man, Johan van Deventer (92), is nog al die jare lief vir tuinmaak.

“Tuinmaak is veral Johan se lewe,” het Susie vertel.

“Dit is sy stokperdjie, maar hy het regtig net ‘n groot liefde daarvoor om in die tuin te werk. My man het op ‘n plaas groot geword so dit was nog altyd vir hom soos ‘n tweede natuur om in die tuin doenig te wees.”

Die egpaar is al vir 64 jaar getroud en kom oorspronklik van Ladysmith. Hulle woon die afgelope 18 jaar in Nigel.

“Dit is vir my vreeslik lekker om te sien hoe die bolletjies en saadjies wat ek plant opkom en ‘n mooi plant word.

Sedert ek ‘n kind was het ek ‘n liefde vir plante gehad en het ek by my ouers geleer van tuinmaak.”

Sowat twee jaar gelede het die egpaar begin staat maak op ‘n tuindienste wat slegs hul gras sny, maar meen dat hul beddings en plante in hul eie versorging bly.

“Ons is mal oor enige plant. Johan is veral trots op sy groente tuin.”

Johan was vroeër jare ‘n trein drywer vir die spoorweë waarna hy ‘n toesighouer geword het, terwyl Susie ‘n huisvrou was.

Saam het die egpaar twee seuns, twee kleinkinders en een agterkleinkind.

“Tuinwerk hou ‘n mens liggaamlik en geestelik gesond,” het Susie gesê.

“Dit stimuleer die brein en hou die verstand helder. Ons advies vir die jonger generasie sal wees om nie te gaan sit nie, raak betrokke by tuinwerk want dan is daar nie tyd vir neerslagtigheid, depressie en woede nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button