Sport

Volkskool hokkiespelers wys staal by hokkietoer

Die spelers van die eerste hokkiespan het waardevolle ondervinding opgedoen tydens die toer.

Die Hoër Volkskool eerste seuns hokkiespan het tydens die vakansie ‘n hokkietoer in Volksrust bygewoon.

Soggens het die spelers individuele afrigting gekry en in die middae wedstryde gespeel.

Die seuns eerste span het vyf wedstryde gespeel waarvan hulle vier gewen en een gelykop gespeel het.

Die uitslae is was: Volkskool 5 – Highveld 0, Volkskool 1 – Brits 0, Volkskool 2 – Standerton 1, Volkskool 5 – Curro Secunda 1 en Volkskool 1 – Volksrus 1.

Huib Sprong, Dawid van Jaarsveld, Div Huisamen, Reinhardt van Staden, Damian Venter en Herman Jacobs is uigenooi vir ‘n toer na Nedeland.

Twee Volkskool spelers, Huib Sprong en Dawid van Jaarsveld was ook gedurende die toernooi aangewys as spelers van die wedstryd.

Ses hokkiespelers, naamlik Huib Sprong, Dawid van Jaarsveld, Div Huisamen, Reinhardt van Staden, Damian Venter en Herman Jacobs is ook uitgenooi om ‘n toer na Nederland te onderneem.

Xavier Muller was gegradeer as hokkie skeidsregter en was ook aangewys as senior agterspeler van die week.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button