GalleriesSchools galleries
Dis 100% vir Ligbron!
Die skoolhoof, mnr. Dup van Rensburg, het sy opregte tevredenheid met die uitslae uitgespreek en al die matrikulante gelukgewens met dié puik prestasie.


Ligbron Akademie vir Tegnologie het uitstekend gevaar in die 2013-eindeksamen en spog met ’n 100%-slaagsyfer.
Drie kandidate, Gert Ehlers, Palesa Magadudela en Mieke Cilliers, het elkeen agt onderskeidings behaal.
Die skool spog verder met die besonderse prestasie dat daar vir die sewende agtereenvolgende jaar geen druipeling in die wiskundige vakke was nie. Daar was in die klas van 2013 ook geen druipelinge in die tegniese vakke nie.
Die skoolhoof, mnr. Dup van Rensburg, het sy opregte tevredenheid met die uitslae uitgespreek en al die matrikulante gelukgewens met dié puik prestasie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.