Van vlugte tot danslesse: só lyk die program by Ermelo Vliegveld
Die program by Ermelo Vliegveld op 24 Oktober sluit bedrywighede in die lug en op die grond in.
ERMELO – Inwoners kan op 24 Oktober die dorp uit die lug besigtig. By die Ermelo Vliegveld wag markstalletjies en danslesse.
Vlugte om Ermelo word vanaf 08:00 tot ongeveer 13:00 saam met vlieëniers aangebied. Bepalings en voorwaardes geld.
Die vlugte vorm deel van ’n dag se bedrywighede by die vliegveld, waar ’n vliegskoolopedag en Oktoberfest plaasvind.
Die opedag duur van 08:00 tot 14:00. Besoekende vlieëniers word genooi om met hul vliegtuie in te vlieg, en inligting oor bekendstellingsvlugte sal beskikbaar wees.
Op die grond sluit die program uitstallers van Ermelo, die groter omgewing en Gauteng in. Besoekers sal tussen mark- en kosstalletjies kan rondbeweeg, terwyl kos en verversings op die terrein beskikbaar sal wees.
Van 11:00 tot 13:00 neem Patricia se Skinny Yes-groep die dansvloer oor om besoekers te leer lyndans.
Daar word ook vir jonger besoekers voorsiening gemaak met ’n springkasteel wat buite opgestel sal word.
Die Oktoberfest-kennisgewing meld dat toegang beperk is en voorafbespreking nodig is.
Vir besprekings, kan Marius by 062 836 5904 gekontak word.



