Fotogalery – Erries word beloon
Die EHS se akademiese uitblinkers beloon vir hul harde werk gedurende 2015.

Die EHS se akademiese uitblinkers is tydens die Akademiese Lourierfunksie beloon vir hul harde werk gedurende 2015.
EsweeBothma – hoofseun van 2015 wat 8A’s in NSS-eksamenbehaal het –ontvang die EHS-kontantprys van R10 000 vir sy top prestasie in Wiskunde enWetenskap. Hierdieprys word vir 5 jaar toegekenen is geborg deur twee oud-Erries, wat graag anoniem wil bly.
Lydia Landman ontvang die Hoëveld Tribune wisseltrofee vir die beste leerder in Kuns en Kultuur Gr 9, asook die EHS-prys vir die beste prestasie in Akademie en Sport van Gr 8- Gr11.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590
Monique Thomson ontvang die IM Bekker wisseltrofee vir die beste presteerder in Wiskunde Gr 11 en Amanda du Toit ontvang die ABSA wisseltrofeevir die beste leerder in Wiskunde en Rekeningkunde Gr 10.
Jonathan Fourie ontvang die Pfizer wisseltrofeevir die besteleerder in Landbouwetenskap Gr 11.
Graad 11-leerders wat 7 of 8 A’s in die 2015-eindeksamen behaal het, het elk ’n EHS-medalje ontvang: TJ Hill, Monique Thomson, Michelle Venter, NJ Nel en Corli van den Berg behaalelk 7A’s en Jana Grey en Braam Pretorius behaal 8A’s.














