GalleriesSchools galleries

Ses Liggie-rugbyspanne in half-en eindstryde

Ligbron het sprankel-rugby gespeel en 10 drieë gedruk waarvan vyf verdoel is

Sewe rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag in kwart- en halfeindstryde in die huidige ligareeks op Standerton deelgeneem.

Die A-spanne was in kwarteindstryde gewikkel en die B-spanne het in halfeindwedstryde gespeel.

Vir die 0/15B was dit ongelukkig die einde van die seisoen nadat hulle 24 – 32 teen Hoërskool Genl Hertzog verloor het. Die derde span het 10 – 12 teen Hoërskool Secunda verloor maar dring deur tot die eindstryd.

Drie van Ligbron se spanne draf dus eerskomende Saterdag op Secunda in eindstryde uit.

Die 0/16B-span pak Hoërskool Standerton aan en die tweede span sal HTS Witbank aandurf.

Drie Liggie-spanne speel in halfeindwedstryde. Die 0/15A’s speel teen Hoërskool Secunda, die 0/16A’s teen Hoërskool Secunda en die eerste span sal in ‘n herhaling van voorverlede naweek se kragmeting in ‘n stryd met sy buurskool, Hoërskool Ermelo, gewikkel wees.

Die wedstryde word Saterdag op Hoërskool Secunda se velde beslis.

In die afgelope Saterdag se hoofwedstryd het die John Wright Veneers eerste span teen Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier te staan gekom.

Ligbron het sprankel-rugby gespeel en 10 drieë gedruk waarvan vyf verdoel is. Die eindtelling was 60 – 3 in die Liggies se guns.

Saterdag se tellings (Ligbron tellings eerste) was 0/15A vs HTS Witbank 50 – 0, 0/15B vs HGH 22 – 37, 0/16A vs HTS Witbank 31 – 7, 0/16B vs Secunda 49 – 7, derde span vs Secunda 10 – 12, tweede span vs Rob Ferreira 43 – 0 en eerste span vs Rob Ferreira 60 – 3.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button