Liggie-span mik na kroon
Aldo Myburgh is as speler van die wedsryd gekies vir sy syfers van 4/42 in 10 beurte en ook vir sy bydrae van 58 lopies.
Galery:
Die 0/15A-krieketspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag deurgedring na die eindstryd van die Mpumalanga-liga toe hulle Penryn College van Nelspruit in die halfeindstryd op Ligbron se veld geklop het.
Penryn die loot gewen en die Liggies ingestuur om eerste te kolf.
Openingskolwers Charl du Toit en Ruben Herbst se vennootskap is vroeg beëndig to Charl uitgehardloop is vir slegs vier lopies met die groottotaal op sewe lopies.
Aldo Myburgh het hom by Ruben aangesluit en saam het hulle die telling in die 20ste beurt na 87 geneem voordat Ruben uit was met sy telling op 28.
Ná 29 boulbeurte was Ligbron se telling 115/3 toe Diaan Bakker sy paaltjie verloor het.
Mark Niebühr het daarna aanvallend gekolf en met die telling op 183 het Aldo Myburgh sy paaltjie verloor met sy telling op 58. Mark Niebühr is in die 41ste boulbeurt uitgehaal vir 54 lopies met die groottotaal op 190/5.
In die 45ste boulbeurt het Ligbron op 200/7 gestaan toe Zartius Swart gaan kolf het en vinnig 29 lopies aangeteken het. Ligbron het uiteindelik 256/7 in hul toegelate 50 beurte aangeteken
Penryn se kolwers is almal uit met die telling op 132. Ligbron het die wedstryd met 124 lopies gewen.
Vir Ligbron het Mark Niebuhr 2/31 in agt boulbeurte en Zartius Swart 3/32 in 10 beurte behaal.
Aldo Myburgh is as speler van die wedsryd gekies vir sy syfers van 4/42 in 10 beurte en ook vir sy bydrae van 58 lopies.
Ligbron kom Saterdag in die eindstryd teen Cambridge College te staan.













