Ligbron se 2016-matrikulante skitter
Die skoolhoof mnr. Dup Van Rensburg, het die Graad twaalf klas van 2016 asook hulle ouers geluk gewens met dié foutlose vertoning en gesê dit spreek van volgehoue goeie dissipline en harde werk

Ligbron Akademie vir Tegnologie se 2016-matrieks het met hulle uitstekende prestasie wat allerweë as die beste ooit beskou word, in die eindeksamen die skool onder die akademiese reuse van Mpumalanga gevestig.
Ligbron is een van slegs sewe voormalige Model C-skole wat met ‘n 100%-slaagsyfer in die 2016-eindeksamen kan spog. Verder het die matrikulante vir 197 vakonderskeidings gesorg en die skool is onder die top-drie skole in Mpumalanga in die vakke Wiskunde en Wetenskap.
Daarby spog die skool ook met vier vakke waarin ‘n gemiddeld van meer as 70% behaal is, naamlik Wiskunde, Rekeningkunde, English FAL en Lewensoriëntering, asook vier leerders wat sewe onderskeidings elk behaal het, drie wat elk ses A’s behaal het en twee met vyf A’s elk.
Die 29 onderskeidings vir Wiskunde is die meeste in Mpumalanga en die 19 onderskeidings vir Wetenskap die tweede meeste in Mpumalanga.
Die skoolhoof mnr. Dup Van Rensburg, het die Graad twaalf klas van 2016 asook hulle ouers geluk gewens met dié foutlose vertoning en gesê dit spreek van volgehoue goeie dissipline en harde werk. Hy het ook die personeelkorps bedank vir hul professionele diens wat hulle ten bate van Ligbron se leerlinge gelewer het.
“Dit beteken vir ons as personeel baie om hierdie groep die toekoms in te stuur met die wete dat hulle goed voorberei is,” het hy gesê.
Hy het ook die kwaliteit insette van die laerskole beklemtoon wat Ligbron se leerders deeglik voorberei het vir hul hoërskoolloopbane.
“Puik uitslae soos dié verg ’n spanpoging en ons bedank elke onderwyser wat hierby betrokke was vanaf Graad R, regdeur tot in die matriekjaar. Ons dank die Here dat Hy lank reeds prosesse in plek geplaas het sodat ons die seën kon ontvang.”
Die volgende matrikulante was onder Ligbron se top presteerders in die 2016 eindeksamen:
Sewe onderskeidings:
Hopewell Monareng het ’n gemiddeld van 89.7% behaal: (Engels Huistaal 82%, Wiskunde 87%, Lewensoriëntering 93&, Rekeningkunde 92%, Afrikaans Tweede Addisionele Taal 94%, Lewenswetenskap 89% en Fisiese Wetenskap 91%). Hopewell is ook onder die top 40 leerders in Mpumalanga en ontvan daarvoor ’n trofee en sertifikaat, ’n tablet, ‘n stel tasse en ‘n vol beurs vir vier jaar se studies.
Jan Bosman (gemiddeld is 89.1%): (Engels Eerste Addisionele Taal 83%, Wiskunde 97%, Lewensoriëntering 94%, CAT 87%, IGO 89%, Meganies 90% en Fisiese Wetenskap 93%).
Arno van der Merwe (gemiddeld 89.1%): (Engels Eerste Addisionele Taal 87%, Wiskunde 98%, Lewensoriëntering 92% Rekeningkunde 86&, IT 83%, Lewenswetenskap 90% en Fisiese Wetenskap 94%).
Ansie Jordaan: (gemiddeld 86.1%): (Afrikaans Huistaal 84%, Engels Eerste Addisionele Taal 89%, Wiskunde 87%, Lewensoriëntering 89%, Besigheidstudies 83%, CAT 88% en Lewenswetenskap 83%).
Ses onderskeidings:
Marlene Broodryk: (Engels Eerste Addisionele Taal 85%, Wiskunde 93%, Lewensoriëntering 90%, Rekeningkunde 82%, Fisiese Wetenskap 90% en Lewenswetenskap 82%).
Christiaan Paul: (Engels Eerste Addisionele Taal 84%, Wiskunde 87%, Lewensoriëntering 89%, Besigheidstudies 88%, IGO 80% en Fisiese Wetenskap 88%).
Hendriette Stevens: (Engels Eerste Addisionele Taal 81%, Wiskunde 94%, Lewensoriëntering 93%, Rekeningkunde 86%, Fisiese Wetenskap 81% en Lewenswetenskap 82%).
Vyf onderskeidings:
Patience Mahlanga: (Afrikaans Eerste Addisionele Taal 84%, Wiskunde 91%, Lewensoriëntering 90%, IGO 81% en Fisiese Wetenskap 85%).
Sandisiwe Manana: (Afrikaans Eerste Addisionele Taal 95%, Wiskunde 83%, Lewensoriëntering 88%, Rekeningkunde 88% en Fisiese Wetenskap 84%.












