Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Munisipaliteit verf lyne by N17

Lyne is onlangs by die Chris Hani- en Moses Kotanestraat-kruising geverf.

BETHAL – Die Ridge Times het onlangs oor die gereelde botsings by die Chris Hani- en Moses Kotanestraat-kruising berig.

Ongelukke gebeur byna weekliks by dié kruising.

Die lang wag op kommentaar of aksie is eindelik verby en kontrakteurs is aangestel om die lyne, wat onsigbaar was, weer te verf.

Die stoptekens is egter nog onsigbaar as jy langs ’n vragmotors is wat in die binnebaan ry.

Verskeie motoriste het die voorstel gemaak dat verkeersligte opgerig word, maar betwyfel egter of dit in die munisipalteit se begroting is.

Mnr. Henry Masango, uitvoerende bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, kon nie teen druktyd kommentaar lewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button