Errie Unie verdubbel ledetal
Hoërskool Ermelo se alumni, beter bekend as die Errie Unie, het hul eerste bestaansjaar voltooi. Hul doelwit om die raamwerk te vorm vir alle oud-Erries, -ouers, -ondersteuners, vriende en -onderwysers om weer kontak te maak en bande met die skool te versterk, was suksesvol. Sedert die Errie Unie se laaste jaarvergadering het hul ledetal verdubbel …
Hoërskool Ermelo se alumni, beter bekend as die Errie Unie, het hul eerste bestaansjaar voltooi.
Hul doelwit om die raamwerk te vorm vir alle oud-Erries, -ouers, -ondersteuners, vriende en -onderwysers om weer kontak te maak en bande met die skool te versterk, was suksesvol.
Sedert die Errie Unie se laaste jaarvergadering het hul ledetal verdubbel en het hulle bykans 100 lede.
Projekte wat hulle vanjaar aangepak het, sluit die opgradering van die onthaallokaal by die hoofpawiljoen en die personeelkamer wat ’n nuwe voorkoms gekry het, in.
R60 000 is aangewend vir die opvoeding van minder-bevoorregte leerlinge met ’n verdere R50 000 vir die rekenaarsentrum se instandhouding en opgradering.
Die Errie Unie sien uit na volgende jaar en met die oog op EHS se eeufeesvieringe hoop hulle om ’n groot rol in dié verband te speel.
Belangstellendes wat lid van die Errie Unie wil word, kan Jan Grey by 082 558 3847, Bok Martins by 083 297 0194 of Marthie de Vries by 082 371 3460 skakel.