Dakdief spring hom disnis
’n Jong vermeende dief wat verlede Maandag besig was om by ’n perseel in Murraystraat in te breek het hom disnis geval nadat Acsu-reaksiemagte hom op heterdaad betrap het.
’n Jong vermeende dief wat verlede Maandag besig was om by ’n perseel in Murraystraat in te breek het hom disnis geval nadat Acsu-reaksiemagte hom op heterdaad betrap het.
Volgens ’n lid van Acsu se reaksiemag, is ’n alarm om 03:00 in die beheerkamer ontvang van ’n inbraak by ’n sakeonderneming in Murraystraat.
Met hulle aankoms het reaksiemaglede gesien hoe ’n verdagte by ’n muur opklouter en op die dak van die gebou klim. Die voorruit van die perseel was reeds stukkend geslaan.
Versterkings is ontbied en ’n soektog na die man is begin. Intussen het lede van Maximum Risk hulle by die toneel aangesluit om te help om die klouteraar vas te keer.
Die verdagte is tot op die dak agtervolg, maar hy het afgespring, op die vloer van ’n aangrensende perseel beland en homself in die proses beseer. Hy is kort daarna gekry waar hy onder ’n toonbank weggekruip het.
Die polisie en nooddienste is ontbied en die verdagte is na die provinsiale hospitaal geneem waar hy vir sy beserings behandel is.



