Local newsNews
JJ-atlete deur na SA’s
Vyf atlete van Laerskool JJ van der Merwe is tydens die naweek se Mussa-byeenkoms gekies om Mpumalanga te verteenwoordig by die SA's wat van 19 tot 21 Maart in Germiston plaasvind.
Sias Jacobs, Hardus Rothman, Lana Herholdt, RD Engelbrecht en Chané Bester van Laerskool JJ van der Merwe is tydens die naweek se Mussa-byeenkoms gekies om Mpumalanga te verteenwoordig by die SA’s wat van 19 tot 21 Maart in Germiston plaasvind.
Sias Jacobs (0/12) het eerste plekke in gewigstoot en diskus verower en is aangewys as die beste veldatleet van die dag, Hardus Rothmann (0/13) was eerste in gewigstoot, Lana Herholdt (0/12) het eerste in die 150m-hekkies en hoogspring geëindig en tweede in die 75m hekkies, RD Engelbrecht (0/10) was eerste in die 70m-hekkies en verspring en Chané Bester (0/12) het eerste in die verspring geëindig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



