CrimeLocal newsNews

Inwoners met vuurwapens aangehou

Slagoffers met wapens aangehou terwyl rowers hul besteel.

Twee gewapende inbrekers het Saterdagoggend om ongeveer 04:00 by ‘n huis op Chrissiesmeer ingebreek.

Toegang tot die huis is deur ’n badkamervenster verkry nadat die diefwering afgeknip en oopgebuig is.

Die slapende huisbewoners is wakker gemaak, met vuurwapens aangehou en met rekenaarkabels vasgebind. Kontant, juwele, ’n skootrekenaar en ’n vuurwapen is buitgemaak. Die rowers het die buit onder mekaar verdeel en in ’n rooi Volkswagen Golf van die toneel gevlug.

Die slagoffers wat ’n bekende sakeonderneming op die dorp bedryf, het daarin geslaag om hulself te bevry en hulp ontbied.

Hulle is nie aangerand of beseer nie.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button