Ongeluk in Ermelo middedorp
Twee mense is Saterdagaand beseer in ’n ongeluk op die hoek van Kerk en Joubertstraat.

Twee mense is Vrydagaand beseer in ’n botsing tussen ’n bakkie en ’n ligte passasiersvoertuig in die Ermelo-middedorp. Die ongeluk het omstreeks 18.40 op die hoek van Kerk en Joubert straat plaasgevind.
Nooddienspersoneel van die Provinsiale Ambulansdienste en Er-24 was binne enkele minute op die toneel en het na die beseerdes omgesien voordat hulle hul na die Ermelo Provinsiale Hospitaal en die Ermelo MediClinic afgevoer is.
Volgens ’n nooddienswerker op die toneel was die beserings gelukkig nie van ’n ernstige aard nie.
Die oorsaak van die ongeluk is op dié stadium nie bekend nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590




