GeneralLocal newsNews

EARS-honde se toekoms bly in die weegskaal

EARS het Vrydagoggend vier klein hondjies gekry wat bloot oor die hoë heining rondom die hokke gegooi is. Drie van die kleintjies het die naweek nie oorleef nie: net een, wat duidelik ook baie seergekry het, het oorgebly.

Verlede week se berig in die Hoëvelder oor die honde by EARS wat uitgesit moet word, het groot reaksie ontlok.

Só sê Ronél van der Merwe, EARS-voorsitter.

Volgens Ronél het besorgde inwoners hul hulp aangebied en daar is selfs kosskenkings gemaak.

“Baie mense het baie belowe, maar of hulle wel by hul woord gaan hou, sal ons maar moet wag en sien,” het sy gesê en verduidelik verder dat hulle deurentyd op geld-en kosskenkings moet staatmaak.

Die skenkings wat hulle verlede week ontvang het, gaan ongelukkig nie lank hou nie en as hulle nie gereeld skenkings kry nie, is dit net ‘n saak van tyd voor die moeilike besluit om die diere uit te sit, gaan realiseer.

Daar is darem verlede week ook ‘n paar honde aangeneem, maar hulle plek is gou weer deur nuwe aankomelinge ingeneem.

Marlé Launspach, ‘n vrywilliger, het vertel van mense se harteloosheid waar dit diere aangaan. EARS het Vrydagoggend vier klein hondjies gekry wat bloot oor die hoë heining rondom die hokke gegooi is. Drie van die kleintjies het die naweek nie oorleef nie: net een, wat duidelik ook baie seergekry het, het oorgebly.

Voorvalle soos dié dra ook by tot een van EARS se grootste uitgawes. Die hondjie sal deur ‘n veearts ondersoek moet word en dit bring verdere onkoste mee.

Marlé sê hulle werk baie nou saam met veearts, dr. Gert Oosthuizen, en is baie dankbaar om hom aan boord te hê.

“Ons het die grootste waardering vir alles wat hy vir ons doen,” het sy gesê.

Mense wat graag ‘n bydrae wil maak of belangstel om ‘n hond of kat aan te neem, kan Ronél by 083 976 7113 of 083 400 1079 skakel.

“Ek sê graag ook baie dankie aan al die mense wat ons help en die wat beloof het om ons te help. ‘n Paar mense het gesê hulle gaan kom help om by die hokke skoon te maak en ook met geldinsamelings help.

Ek hoop met my hele hart dat hulle hul beloftes sal nakom,” het Ronél gesê.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button