Local news

Help om Kersvreugde aan SAVF se oumas en oupas te bring

’n Plaaslike inisiatief wil ongeveer 100 Kersgeskenkpakkies vir die oumas en oupas van SAVF Ermelo saamstel en doen ’n beroep op besighede en individue om items soos tee, koffie, koekies, sjokolade en seep te skenk.

ERMELO – Marcelle Purcocks wil dié Kersfees ’n verskil maak deur ongeveer 100 geskenkboksies vir die oumas en oupas van SAVF Ermelo saam te stel.

Die doel is om elke ontvanger met klein bederfies en nuttige items tydens die Kerstyd te verras.

Skenkings wat benodig word, sluit in tee, koffie, koekies of beskuit, sjokolade, lekkers, seep, handeroom, waslappe, suiker of warm sjokolade, asook enige ander geskikte klein bederfies.

Enige bydrae, groot of klein, sal verwelkom word om die 100 geskenkboksies moontlik te maak.

Die organiseerders beklemtoon dat hierdie ’n afsonderlike, onafhanklike inisiatief is wat nie deel is van of geaffilieer is met die Ouma en Oupa-kersprojek nie. Dit is ’n eie poging wat ná SAVF Ermelo se navraag aangepak word.

Besighede en individue wat graag ’n bydrae wil maak, kan Purcocks by 072 283 9252, Antonet van der Westhuizenby by 071 673 7805 of Marelize Kirk by 076 489 7895 kontak.

Die organiseerders bedank almal wat bereid is om te help om Kersvreugde aan die oumas en oupas van SAVF Ermelo te bring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button