Liedjieskrywer het Ermelo-wortels
Oud-Errie Mynhardt Smit het in die top tien van die Afri-Visie-liedjie-skryfkompetisie geëindig.
Oud-Errie Mynhardt Smit het in die top tien van die Afri-Visie-liedjie-skryfkompetisie geëindig.
Mynhardt het in 1995 aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer waarna hy verder studeer het in klank en film.
Hy het gou besef dat dié bedryf nie kos op die tafel gaan plaas nie en is sedertdien in Pretoria werksaam in die versekeringsbedryf.
Sy passie vir liedjieskryf het egter nie vervaag nie en deur die jare het vele woorde uit sy pen gevloei, hoofsaaklik in Engels.
Dis nie tot ‘n vriendin hom vertel het van die Afri-Visie-kompetisie dat hy sy hand aan Afrikaans gewaag het nie.
Daar was altesaam 1600 liedjie-inskrywings wat tot 400 en later tot 26 gesif is, waarna die publiek aan die stemproses vir die top tien deelgeneem het. Mynhardt se liedjie, Iets om in te glo, word deur die jong sanger Len Miller gesing.
Mynhardt en die ander Afri-Visie-wenners se liedjies word op verskeie radiostasies en Kyknet-kanale uitgesaai.
‘n Opgewonde Mynhardt het aan die Hoëvelder gesê hy gaan nou meer tyd aan liedjieskryf wy, beslis ook in Afrikaans.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



