Local newsNews

Tannie Jurgie ’n inpirasie vir almal

Tannie jurgie oefen op 80-jarige ouderdom steeds 2 keer ’n week by die gimnasium.

Dit sit nie in elke ou se broek om op 80-jarige ouderdom tweekeer per week in die gimnasium te oefen nie.
Maar vir Ermelose tannie Jurgie Kemp is dit geen moeite nie en sy sien uit na haar twee-weeklikse oefensessies.
Tannie Jurgie was 20 jaar as sekretaresse by Laerskool Ermelo werksaam en vandag konsolideer sy steeds ’n besigheid se boeke.
Die personeel van die Errie Biokenetika sentrum het Donderdag ’n verassings partytjie gehou vir hul ousdte vroue-lid Tannie Jurgie Kemp wat dié week 80 geword het.
Tannie Jurgie wat reeds 15 jaar, twee maal per week by dié sentrum oefen was baie verbaas toe sy na haar oefensessie na een van die lokale geneem is vir haar partytjie.
Die personeel vertel dat Tannie Jurgie voorwaar ’n karakter is en sorg vir die ligte luim wat heers terwyl sy in die gebou is.
Sy hou hulle glo ook op hulle tone en sien uit na haar twee-weeklikse oefensessies.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button